2015 Superrugbyseisoen

2015 Superrugby
Amptelike logo

Deelnemende lande Vlag van Australië Australië
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
Kampioen Vlag van Nieu-Seeland Highlanders (1ste titel)
Wedstryde gespeel 125
Drieë gedruk 633  (gem. 5.064 per wedstryd)
Meeste punte aangeteken 191 Lima Sopoaga (Highlanders)
Meeste drieë gedruk 13 Waisake Naholo (Highlanders)

Die 2015 Superrugbyseisoen was die vyfde seisoen van die vergrote 15-span-toernooi en die 20ste van die rugbykompetisie tussen provinsiale spanne van die suidelike halfrond. Wedstryde in die rondomtalie is elke naweek van 13 Februarie tot 13 Junie gespeel. Die eindwedstryd is op 4 Julie 2015 beslis.

Die kompetisie was oor 21 weke beslis met ’n totaal van 125 wedstryde wat gespeel is. Dit het begin met drie groepe van vyf spanne wat volgens lande ingedeel was (daar was dus ’n Australiese, Nieu-Seelandse en Suid-Afrikaanse groep). Die seisoenwedstryde het bestaan uit twee tipes wedstryde, nl.:

  • Intergroepwedstryde – Elke span speel tweekeer teen elk van die ander spanne in die groep in tuiswedstryde.
  • Tussengroepwedstryde – Elke span speel teen vier van die spanne van die ander twee groepe waarvan vier wedstryde tuis en vier wedstryde weg sal wees. Daar was dus teen een span van elke ander groep nié gespeel nie.

Die boonste span in elke groep, asook die volgende drie spanne op die algehele punteleer (ongeag hul plek in die groep), het in die uitspeelwedstryde gespeel.[1] Die boonste twee groepwenners (op die basis van die algehele punteleer) het ’n loslootjie ontvang vir die eerste ronde van die uitspeelwedstryde. In die eerste ronde van die uitspeelwedstryde was die derde groepwenner nommer drie met ’n tuiswedstryd teen die span wat sesde op die algehele punteleër eindig. Die span wat vierde geëindig het op die algehele punteleer het in ’n tuiswedstryd teen die span wat vyfde geëindig het gespeel. In die halfeindrondes speel die tweede groepwenner uit teen die span wat die eerste uitspeelronde gewen het en die hoogste op die punteleer is. Die eerste groepwenner speel dan teen die ander uitspeelrondewenner. Die eindronde is ’n tuiswedstryd vir die span wat die hoogste op die algehele punteleer eindig.[2]

  1. "Superrugby: Groepe" (in Engels). Australiese Rugbyunie. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 April 2011. Besoek op 13 September 2010.
  2. "Superrugby: Formaat van uitspeelwedstryde" (in Engels). Australiese Rugbyunie. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Mei 2011. Besoek op 13 September 2010.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy